Tuesday 3 November 2015

KNOFFELBROOD OF BOLLETJIES MET ROOM




KNOFFELBROOD OF BOLLETJIES MET ROOM
1 kg Vetkoek deeg - deeg wat by Spar/Checker te koop is.
500 (Vyf honderd) ml Ultramel room /enige ander volroom
Kaas - Soveel soos wat jy wil insit
Gebraaide spek (opsioneel)...
Gekapte swart olywe (opsioneel)
Knoffel - Soveel soos wat jy wil insit
METODE:
Maak die deeg in lang vorm (soos 'n brood),
Sny dit in die middel oop (in lengte), voeg kaas, knoffel, ens. in en druk die deeg toe.
Draai die deeg om met gesnyde kant na onder
Plaas die deeg in gesmeerde broodpan /oondpan (pan moet diep wees)
Gooi 375 ml room oor die deeg,
Strooi bietjie kaas en paprika bo-oor
Vooraf verhit die oond tot 180 grade,
Bak ongeveer uur (bolletjies 45 minute) .
Gooi die laaste room oor - 5 minute voor die brood uitgehaal word.
Die warm brood kan in die room in pan gedoop word soos dit geëet word of opgesmeer word.
Hoe langer die brood in die room lê hoe lekkerder!