Monday, 23 November 2015

Grondboontjiebotter-en-piesang-kaaskoek




Grondboontjiebotter-en-piesang-kaaskoek
Genoeg vir 4 glasies
50 g koekies, fyngedruk
25 g botter, gesmelt
60 ml grondboontjiebotter...
150 g roomkaas
80 g strooisuiker
75 g kondensmelk

150 g piesangs, fyngedruk
100 ml room, styfgeklop
Meng koekies en botter en druk koekiemengsel vas onder in glasies. Smelt grondboontjiebotter tot loperig en giet eweredig oor koekies.
Plaas roomkaas, strooisuiker, kondensmelk en piesang in ’n mengbak en meng goed met ’n klitser of voedselverwerker. Vou nou room by die mengsel in en skep mengsel in glasies.
Wenk: Vervang grondboontjiebotter met karamel vir ’n banoffee-kaaskoek.