Tuesday 3 November 2015

GESONDHEIDSBROODJIE



GESONDHEIDSBROODJIE
750 g growwe meel (nutty wheat)
5 ml sout
190 ml muesli van jou keuse
125 ml rosyne of sultanas...
45 ml bruinsuiker
7,5 ml koeksoda
500 ml karringmelk
Paar neute en sade vir garnering
METODE:
Voorverhit die oond tot 180 °C en spuit ’n standaard-broodpan met kleefwerende kossproei. Meng die droë bestanddele, behalwe die koeksoda, in ’n mengbak. Meng die koeksoda met die karringmelk en voeg by die droë bestanddele. Skep die deeg in die voorbereide broodpan. Strooi ’n paar neute of nog muesli oor die brood. Bak vir 45-50 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom.
Lewer een brood.