Wednesday 25 November 2015

DIABETIESE VRUGTEKOEK




DIABETIESE VRUGTEKOEK
Bedien 16.
100 g gedroogde vrugtekoekmengsel
62 ml brandewyn (¼ kop)
60 g lae vet margarien
225 ml Sugalite (15,3 g)
1 eierwit
2 groot eiers
375 ml koekmeel (1½ kop)
10 ml bakpoeier
10 ml gemengde speserye

Week die vrugte oornag in die brandewyn.
Room die margarien en sugalite tot lig en donsig.
Voeg die eiers een op ‘n slag by klits goed na elke byvoeging, dit mag skif maar sal weer by mekaar kom met die
droë bestanddele.
Sif koekmeel, bakpoeier en spererye in die roommengsel in.
Voeg vrugte by en vou die bestanddele liggies in tot gemeng.
Skep beslag in ‘n gesmeerde en uitgevoerde pan.
Bak by 150 grade C vir 45 – 60 minute of tot toetspen skoon uitkom.