Tuesday 10 November 2015

Banana Split yskastert




Banana Split yskastert

 1 Pakkie "banana instant" poeding (aangemaak met 3 kop melk)
250gr roomkaas (by kamertemperatuur)...
½ kop versiersuiker
250ml room
2 pakkies tennisbeskuitjies
500gr aarbeie
1 Blikkie pynappelstukkies (goed gedreineer)

10 na 12 kersies – gekap
Sjokolade en karamel sous
Gekapte neute
Maak jou piesang instant poeding aan met 3 kop melk
Klits die roomkaas en versiersuiker tot gladde mengsel
Meng ½ kop piesang poeding in by die roomkaasmengsel en meng goed deur
Klits die room tot styf
Meng 2/3 van die room in by die roomkaas mengsel
Begin deur ‘n lagie koekies onder in ‘n bak te pak
Smeer ½ van die roomkaas mengsel oor
Sny nou dun skyfies aarbeie en pak bo-op
Smeer nou ‘n lagie met die ½ van die piesang poeding oor
Pak weer ‘n lagie koekies
Smeer orige roomkaas mengsel oor
Gooi die pynappel en kersies oor
Gooi die laaste piesang poeding oor
Pak weer 'n lagie koekies
Eindig af met die styfgeklopte room
Spuit nou nou die sjokolade en karamel oor met die neute
Sit in die yskas vir tenminste 4 ure of oornag
Indien jy kleiner glasbak wil gebruik kan jy meer lae pak
Indien jy die sjokolade en karamelsous wil los, strooi net neute en nog fyngemaakte tennisbeskuitjies oor

NB !!!!!! EK HET NOU GAAN KYK NA DIE GRAMME VAN DIE INSTANT POEDING - HULLE VERPAKKING KOM UIT IN 144gr EN ONS SIN MET 125gr EK SAL VOORSTEL MAAK DIE POEDING NET AAN MET 2 KOPPIES MELK EN NIE 3 NIE