Friday 23 October 2015

Worswieletjies



Worswieletjies
LEWER 24 WIELETJIES
 Bereiding: 15 min.
 Rustyd: 20 min.
 Baktyd: 20 min.
KORS
 400 g skilferkorsdeeg, ontdooi
VULSEL
 30 ml (2 e) tamatiepasta
 125 ml (½ k) blatjang
 1 stingelui, fyn gekap
 2 pynappelringe, fyn gekap
 3 Russiese worsies of chorizo’s, fyn gekap
 125 ml (½ k) cheddarkaas, gerasper
 30 ml (2 e) gekapte pietersielie
 1 eier
Voorverhit die oond tot 190 °C. Spuit ’n paar bakplate.
1.Kors Rol die deeg effens dunner uit.
2.Vulsel Meng die tamatiepasta en blatjang en smeer oor die deeg.
3.Meng die res van die bestanddele behalwe die eier en sprinkel eweredig oor die deeg.
4.Rol die deeg op en plaas op die bakplaat. Laat 20 minute in die yskas rus.
5.Sny in wiele van 5mmdik en pak in ’n enkellaag op die bakplate.
6.Bak sowat 15 minute of tot die deeg gaar en bruin is. Laat afkoel. Sit voor as ’n happie.