Sunday 25 October 2015

Kruie Kaas Muffins




Kruie Kaas Muffins
Meng Saam:
1 1/2 koppies gewone meel
1 koppie sterk cheddar kaas
1/2 koppie verkrummelde feta
25ml bakpoeier
1/2 teelepel suiker
1/2 teelepel sout
1/2 teelepel soet paprika
1 teelepel gemengde kruie
4 sprietuie fyngesny (opsioneel)
1/4 koppie geroosterde dennepitte (opsioneel)
Klits Saam:
1 1/2 koppies melk
2 eiers
Meng alles saam, skep muffin pannetjies 2/3 vol en sprinkel met nog paprika (of rooipeper as jy braaf is) en bak vir 15-20 minute teen 200 grade. Heerlik