Friday 9 October 2015

KERRIE NOEDELSLAAI




KERRIE NOEDELSLAAI
hou vir lank in die yskas: [by marindakook]

Dit is een van daardie slaaie wat altyd met ons sal wees. Of jy dit op kleinskaal maak vir n paar gaste of op grootskaals vir n onthaal – dit bly n wenner. Maak dit op n Vrydag en dit hou vir die hele naweek as iemand dit nie in die nag gaan opeet nie.
...
BENODIG:
•500 g gaar noedels
•1 groen/rooi/geel rissie (green pepper) peper fyn gesny ( kies jou kleur)
•1 ui fyn gesny
•250 ml tamatiesous
•125 ml witasyn
•125 ml kookolie
•200 ml suiker
•30 ml kerriepoeier ( of meer)
•Tabasco na smaak
•sout en peper
NOU:
Kook die noedels tot sag maar nie pap nie, dreineer goed.
Sny jou ui en rissie in mooi klein blokkies en meng dit deur die noedels
Meng die res van die bestanddele in n bakkie.
Roer dit deur jou noedels
Los dit oornag in die yskas. Hoe langer dit staan hoe lekkerder word dit.
Dit is n heerlike bygereg by braaie of sommer net vir so eet.