Monday 12 October 2015

Hoender-en-wors-jambalaya




Hoender-en-wors-jambalaya

Genoeg vir: 6-8
Bereidingstyd:
20 minute
Gaarmaaktyd:
40 minute

• 30 ml botter
• 2 uie, middeldeur en opgesny
• 1 geel en 1 rooi soetrissie, opgesny of in blokkies gesny
• 2 selderystokkies, opgesny
• 4 knoffelhuisies, fyngedruk
• 10 ontbeende hoenderdye, in blokkies gesny
• 1 chorizo-wors, opgesny
• 5 ml droë salie
• 10 ml vars tiemieblare (of 5 ml gedroog)
• 6 lourierblare
• 5-8 ml rooipeper
• 4 groot tamaties, geskil, ontpit en in blokkies gesny
• 125 ml tamatiepuree
• 400-450 ml hoenderaftreksel
• 250 ml Amerikaanse langkorrelrys
• 3 opgesnyde sprietuie vir garnering

1 Verhit die botter in ’n diep kastrol en soteer die uie, soetrissie, seldery en knoffel saam vir ’n paar minute.

2 Voeg die opgesnyde hoender en wors by en braai vir nog ’n paar minute – roer die heeltyd. Voeg die kruie en speserye by. Roer goed. Voeg die tamatie, tamatie-puree en aftreksel by. Verhit tot kookpunt, verlaag dan die hitte en laat prut vir vyf minute.

3 Voeg die rys by en roer goed. Sit die deksel op en laat stadig prut vir 20 minute of tot die rys sag is. Roer een of twee keer terwyl dit prut.

4 Voeg nog aftreksel by, indien nodig, en geur na smaak. Strooi sprietuie oor en sit voor.