Thursday 29 October 2015

Hawermout met heuningpere





Hawermout met heuningpere

Genoeg vir: 2
Bereidingstyd: 5 minute
Gaarmaaktyd: 20 minute

• 500 ml hawermout
• 30 ml room
• 500 ml melk

• 15 ml sagte bruinsuiker
• 15 ml botter
• 15 ml heuning
• 2 pere, in dun skyfies gesny
• 3 ml kaneel
• 10 ml whiskey, opsioneel
• gedroogde bosbessies

1 Kook die hawermout, room, melk en suiker saam in ’n klein kastrol oor matige hitte vir sowat 5–10 minute tot dik en romerig. Voeg ’n ekstra skeut melk by as dit te droog lyk.

2 Smelt die botter en heuning saam in ’n dikboompan. Voeg die peerskyfies by en braai dit vir sowat 3 minute aan ’n kant tot sag en gekaramelliseer. Voeg die kaneel, whiskey en bosbessies by en verwyder die pan van die hitte. Sit die hawermout voor met die vrugte en ’n ekstra lepel heuning.