Friday 30 October 2015

Appelkoek



Appelkoek
Genoeg vir: 8
Bereidingstyd:
15 minute
Baktyd:
40 minute
Oondtemperatuur:
180 °C

• 125 g (135 ml) botter
• 210 g (250 ml) suiker
• 3 groot eiers
• 140 g (250 ml) koekmeel
• 6 ml bakpoeier
• 65 ml melk
• 1 blik tertappels, gedreineer


Stroop
• 250 ml melk
• 210 g (250 ml) suiker
• 115 g (105 ml) botter

1 Klits die botter en suiker saam. Klits die eiers een-een by.

2 Sif die droë bestanddele en ’n knypie sout saam en meng dit om die beurt met die melk by die bottermengsel in.

3 Smeer ’n oond- of pasteibak. Gooi die beslag in die bak en druk dan die stukke tertappel in die beslag. Bak dit vir omtrent 30 minute in die verhitte oond.

4 Stroop Gooi al die bestanddele vir die stroop in ’n kastrolletjie en verhit dit vir 10 minute.

5 Haal die koek uit die oond, giet die stroop oor en laat dit vir nog 10 minute bak. Sit dit warm voor met geklitste room.