Thursday 10 September 2015

seekoskasserol




seekoskasserol
■ Olyfolie
■ 5 ml gemengde droë kruie
■ 1 ui, fyn gekap
■ 1 lourierblaar
■ 1 blikkie heel geskilde tamaties (gedreineer en grof gekap)
■ 50 ml witwyn
■ 500 ml visaftreksel
■ 5 ml tamatiepuree
■ 3 knoffelhuisies, fyngekap
■ 25 ml brandewyn
■ Skil van halwe suurlemoen (sorg dat jy niks van die wit van die skil in kry nie anders gaan jou gereg bitter wees)
■ Skil van 1 lemoen
■ 1 pak gemengde seekos (marinara-mengsel)
■ 4 basiliekruidblare, grof geskeur
Verhit die olie in ’n pan en wanneer dit lekker warm is, gooi die gemengde droë kruie, uie en lourieblaar by. Braai tot die uie sag is en voeg die tamaties, wyn, aftreksel en tamatiepuree by. Laat opkook en voeg die knoffel, brandewyn, suurlemoenskil en lemoenskil by.
Verhit tot kookpunt en prut vir 30-40 min, of tot die sous effens dikker en lekker geurig is. Voeg sout, peper en ’n knippie suiker na smaak by. Verhoog die hitte sodat die sous vining kook en voeg die seekosmengsel by. Laat prut vir 1 minuut en verwyder die pot van die hitte. Laat staan vir 5 minute, roer die basiliekruid by en sit voor met geelrys. Lewer 4-6 porsies.
Geelrys
Was 125 ml rys deeglik, dreineer en voeg 500 ml water, 3 ml sout, 5 ml borrie, 1 heel kaneelstokkie, 5 ml hoenderaftrekselpoeier, 3 ml komyn en 20 ml botter by. Verhit tot kookpunt en kook vining tot die rys gaar is. Dreineer en spoel af. Stoom die rys vir 5 minute en roer ’n klont botter deur. Sit warm voor. Lewer 4 porsies.