Tuesday 8 September 2015

PEKAN EN VRUGTE BISCOTTI




PEKAN EN VRUGTE BISCOTTI
 Resep
 3 eierwitte
 ½ kop strooisuiker
 120 g koekmeel
 125 g pekans
 60 g gekristaliseerde gemmer
 60 g groen glans kersies (vervang met Jelly Babies)
 60 g rooi glans kersies
 60 g versuikerde lemoenskil
METODE
 1. Gebruik die mini loaf tins, die grootte wat as ‘n porsie gesien kan word.
 Smeer goed.
 Voorverhit oond na 180 ˚ C.
 2. Klits die eierwitte tot sagte punt stadium en voeg dan die strooisuiker bietjies vir bietjies by en klop deeglik met elektriese klitser totdat al die suiker goed opgelos het.
 Jy sal ‘n sagte meringue kry.
 3. Vou die koekmeel en al die bestanddele in die eiermengsel in.
 4. Skep die vulsel in die pannetjies en bak by vir 30 - 35 minute.
 5. Haal dadelik uit pannetjies en laat goed afkoel.
 6. Laat die broodjie oornag geur ontwikkel vir ten minste 12 - 24 uur voordat dit gesny word.
 7. Sny in dun skyfies en droog soos beskuit in oond.
HOEVEELHEID: 50 stukkies van ½ cm dikte.
BRON: Hantie Bezuidenhout.