Friday 18 September 2015

Kondensmelk-vlatert




Kondensmelk-vlatert
LEWER 1 TERT VAN 30 CM
 Bereiding: 40 minute
 Verkoeltyd: 1 uur
1 blik (385 g) kondensmelk
 125 ml (½ k) suurlemoensap
 5 x 250 ml (5 k) melk
 80 ml (¹⁄³ k) vlapoeier
 5 ml (1 t) vanieljegeursel
 knippie sout
 3 eiers, geskei
 125 ml (½ k) suiker
 2 pakkies (100 g elk) vingerbeskuitjies (Boudoir)
1.Meng die kondensmelk en suurlemoensap en hou dit eenkant.
2.Verhit 1 liter van die melk in ’n kastrol en los die vlapoeier in die res van die melk op. Voeg ’n bietjie van die warm melk by die vlamengsel, roer tot ’n pasta en giet dan die vlamengsel by die warm melk. Laat kook terwyl jy aanhoudend roer tot die vla verdik het.
3.Voeg die vanieljegeursel, sout en eiergele by. Bedek en laat afkoel.
4.Klits die eierwitte liggies en klits dan die suiker bietjie vir bietjie by die eierwitte tot die mengsel die tekstuur van meringue het.
5.Vou die meringue in die afgekoelde vla.
6.Pak lae van die vingerbeskuitjies en die vlamengsel in ’n tertbak van 30 cm en smeer die kondensmelkmengsel laaste oor.
7.Laat minstens ’n uur in die yskas stol.