Tuesday 8 September 2015

JB SE KLAPLEKKER SJOKOLADEKOEK



JB SE KLAPLEKKER SJOKOLADEKOEK: (MODERNE SJOKOLADEKOEK)
Bestanddele:...
200 g sjokolade
½ koppie botter
½ koppie heuning
½ koppie klapper
½ koppie meel
½ koppie kakao

4 eiers
Metode:
Stel oond op 180 grade Celsius.
Smeer 'n koekpan met botter of spuit met kleefwerende sproei.
Smelt die sjokolade, botter, heuning en kakao in 'n dubbelkoker.
Voeg die klapper en meel stadig om die beurt by.
Klits eiers tot lig en donsig.
Vou dit versigtig in met 'n metaallepel.
Giet die deeg in 'n koekpan.
Bak vir 25 minute.