Friday 4 September 2015

IDEAL-MELK SJOKOLADE KOEK




IDEAL-MELK SJOKOLADE KOEK
Doen jouself 'n guns en bak hierdie koek , dit is soooo lekker , hy is klam en die sous asemrowend
KOEK:...
375 ml Meel
250 ml Melk
250 ml Suiker
2 ml Sout
10 ml Bakpoeier
125 ml Olie


60 ml Kakao
125 ml Kookwater
4 Eiergele
4 Eierwitte
SOUS:
¾ Blik Ideal Melk
125 ml Suiker
VERSIERING:
2 Plakke Heelneut sjokolade
¼ Blikkie Ideal Melk
KOEK:
Klits eierwitte tot styf.
Meng droë bestanddele.
Maak gaatjie in droë bestanddele.
Voeg eerste olie, dan kakao gemeng met water, melk en eiergele by.
Klits goed.
Voeg bakpoeier by eierwitte en klits weer.
Vou eierwitte in by mengsel.
Bak teen 180º C vir 30 tot 40 minute in reghoekige oondbak (die koek bly in die bak, so moenie in gewone koekpanne bak nie).
SOUS:
Kook Ideal melk en suiker saam.
Maak gaatjies in koek met dun voorwerp.
Gooi stroop oor koek.
Laat koek heeltemal afkoel.
VERSIERING:
Smelt sjokolade saam met ¼ Blikkie Ideal melk en gooi oor koek