Tuesday 1 September 2015

BABA AARTAPPELS IN MOSTERD EN TIEMIE




BABA AARTAPPELS IN MOSTERD EN TIEMIE
Hierdie bykos is perfek vir ’n braai of spesiale geleentheid.
Lewer 6 porsies
BESTANDELE:
700g baba aartappels...
60ml olyfolie
45ml botter
1ui, fyn gekap (rooi ui lyk baie mooi)

4 knoffelhuisies, gekap
2.5-5ml tiemie
Sout en peper
80ml korrel mosterd (of gebottelde korrelmosterd)
METODE:
Kook aartappels tot sag, dreineer en halveer.
Verhit olie en botter in ’n pot en voeg uie, knoffel en tiemie by, roerbraai op lae
hitte tot gaar.
Voeg aartappels by en braai vir so 5min.
Voeg sout, peper en mosterd by, meng goed en verwyder van stoof. Sit warm voor.