Friday 25 September 2015

Appeltertblikkies





Appeltertblikkies

Lewer: 3-4 blikkies appeltert
Bereiding: 20 minute
Verkoeltyd: 30 minute
Gaarmaaktyd: 20 minute

3-4 plat, leë blikke soos tunablikkies, goed uitgespoel
KORS
250 g yskoue botter, in stukke gesny
250 ml (1 k) versiersuiker, gesif
500 ml (2 k) koekmeel
80 ml (¹⁄₃ k) mielieblom
VULSEL
1 blik (410 g) tertappels
125 ml (½ k) suiker
80 g botter
15 ml (1 e) suurlemoensap
2 ml (½ t) elk fyn kaneel en neutmuskaat
knippie elk naeltjies en sout
Die appeltert kan in die ketelbraaier, op matige kole of in die oond gebak word.
Sorg vir genoeg kole of voorverhit die oond tot 180 °C.
Spuit die blikkies goed met kossproei.
  1. Kors Plaas al die bestanddele vir die kors in die voedselverwerker en meng goed. Rol die deeg in ’n rolletjie en sny dit in dun skyfies van sowat 3mm dik. Rangskik net genoeg skyfies in die blikkies en druk dit op die boom en teen die kante vas. (Jy gaan sowat ¾ van die deeg gebruik.) Verkoel 30 minute.
  2. Vulsel Meng al die bestanddele vir die vulsel. Skep dit in die blikkies.
  3. Rol die orige deeg uit tot 3mm dik en sny in repies van 5mm breed. Vleg die repies om ’n traliewerk oor die vulsel te vorm.
  4. Bak sowat 20 minute of tot die kors gaar is.
  5. Sit voor met geklopte room. Op die kole Bedek die blikkies met ’n vel tinfoelie. Plaas dit hoog op matige kole met ’n paar kole bo-op.