Friday 4 September 2015

Appelkoosbrood met klapperbolaag



Appelkoosbrood met klapperbolaag
LEWER 1 BROOD
Bereiding: 20 minute
Baktyd: 75 minute

Brood
200 g droë appelkose, gekap
125 ml (½ k) appelkoossap
125 ml (½ k) olie
15 ml (1 e) brandewyn (opsioneel)
2 eiers
250 ml (1 k) suiker
375 ml (1½ k) koekmeel
5 ml (1 t) bakpoeier
5 ml (1 t) koeksoda
3 ml (ruim½t) sout
2 appels, geskil en
grof gerasper
125 ml (½ k) gekapte pekanneute
Bolaag
1 eier, geklits
250 ml (1 k) klapper
60 ml (¼ k) bruinsuiker
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n broodpan van 23 x 13 cm.
  1. Brood Kook die appelkose in die sap tot sag. Laat afkoel. Dreineer, maar behou die sap.
  2. Klits die gedreineerde sap, olie, brandewyn (indien verkies), eiers en suiker saam.
  3. Sif die droë bestanddele oor en vou saam met die appels, neute en appelkose by die oliemengsel in.
  4. Skep in die voorbereide pan en bak sowat 75 minute of tot ’n toetspen skoon uit die middel van die
  5. brood kom.
  6. Bolaag Meng al die bestanddele, skep oor die brood en plaas 1-2 minute onder die roosterelement of tot dit effens verbruin het.
  7. Laat effens in die pan afkoel. Keer versigtig op’n draadrakkie uit en laat heeltemal afkoel.