Sunday 13 September 2015

3 x Eier Ontbyt Idees




 Engelse ontbyt (roereiers en spek/worsies)
Eie keuse van spek en/of dun worsies (2 kg spek of worsies vir 20 mense. Indien albei: 1.5 kg van elk vir 20 mense). Braai in skottelskaar, skep uit en gebruik vetterige skottelskaar vir roereier.
Roosterbrood of vars brood – 2 snye per persoon. 
• 30 eiers
• 1 liter melk
• 5 teeleps mostertpoeier
• sout & peper
Meng alles saam vir roereier en roerbraai laaste in skottelskaar, bedien dadelik.

 French Toast 
• 20 eiers
• 1 liter melk (verdun na goeddunke)
• sout & peper
• 40 snye brood
Klits eier, melk en geur. Doop brood vinnig daarin en bak weerskante op skottelskaar. Bedien met die volgende: gerasperde kaas, konfyt/ stroop/ kaneelsuiker/ Bovril.

Ziploc Omelette
Kraak eiers (groot of extra groot) in ‘n kwartgrootte Ziploc-sakkie (nie meer as 2 nie) – Skud dit goed
Sit ‘n verskeidenheid van goed by (Kaas, ham, uie, groen rissies, tamatie ens)
Skud sakkie goed.
Maak seker jy druk al die lug uit die sakkie uit end maak hom toe (zip dit)
Sit die sakkie in ‘n pot kookwater, kook vir 13 minute (kan gewoonlik so 6 sakkies in een pot kook.
Maak die sakkie oop en die Omelet sal sommer uit rol.
Jy kan selfs die vorige aand als in die sakkie meng.