Wednesday 12 August 2015

OUTYDSE WATERBLOMMETJIEBREDIE




OUTYDSE WATERBLOMMETJIEBREDIE
• 8 porsies
BESTANDDELE
1,5 kg tot 2 kg waterblommetjies...
60 ml (4 e) sout
genoeg olie
2 uie, gekap
125 ml (½ k) koekmeel
10 ml (2 t) sout
1 ml swartpeper

1 kg skaapvleis, in blokkies gesny
125 ml (½ k) witwyn
125 ml (½ k) water
6 aartappels, geskil en in blokke gesny
20 ml (4 t) suurlemoensap
METODE
1 Sit waterblommetjies in bak. Sprinkel sout oor en vul met water tot waterblommetjies bedek is. Laat vir 5 uur in soutwater lê of selfs oornag.
2 Spoel waterblommetjies goed onder lopende water af.
3 Skud oortollige water af en hou eenkant.
4 Verhit genoeg olie en braai uie tot sag. Skep uit.
5 Voeg nog olie by en verhit tot warm.
6 Meng koekmeel, sout en peper saam in vlak bakkie.
7 Rol skaapvleisblokkies daarin tot goed bedek.
8 Braai skaapvleisblokkies bietjies op ‘n slag in olie tot goudbruin. Skep uit en braai volgende hoeveelheid.
9 Wanneer vleis gebraai is, skep dit weer terug in kastrol saam met gebraaide uie.
10 Voeg witwyn en water by. Plaas deksel op en laat vir 1½ uur prut.
11 Sit waterblommetjies op vleis en dan aartappels bo-op. Voeg ook suurlemoensap by. Plaas weer kastrol se deksel op en laat prut vir nog 1 uur.
12 Voeg nog water by indien nodig, maar moenie bredie roer nie, want dit sal blommetjies breek.
13 Voeg nog sout en peper by indien verkies.
14 Sit warm saam met wit rys voor.