NARTJIEKOEK
1 groot koek
BESTANDDELE
3 nartjies
6 ekstragroot eiers
250 ml (1 k) strooisuiker
750 ml (3 k) gemaalde amandels
250 ml (1 k) koekmeel
5 ml (1 t) bakpoeier
knypie sout
90 g (1 plak) wit sjokolade, grofgekap
30 ml (2 e) pistasieneute, grofgekap
STROOP
5 nartjies, vir uitdruk van sap
125 ml (½ k) strooisuiker
25 ml (5 t) mielieblom
2 nartjies, afgeskil en in segmente gesny
• Stel oond op 180 °C.
METODE
1 Koek Plaas nartjies met skil en al in klein kastrol en bedek met water.
2 Verhit tot kookpunt en draai hitte dan laer. Laat prut vir 1 uur oor lae hitte.
3 Skep nartjies uit en laat afkoel. Trek skil van naartjies af en verwyder alle pitte.
4 Verpulp nartjies tot glad met voedselwerker/ handversapper. Meet 312 ml (1 ¼ k) van nartjiemengsel af. Hou eenkant.
5 Klits eiers en strooisuiker met elektriese klitser vir 5 minute tot liggeel.
6 Roer verpulpte nartjiemengsel, amandels, koekmeel, bakpoeier en sout by eiermengsel.
7 Roer ook sjokolade en neute by.
8 Skep deeg in ringkoekpan met deursnee van 24 cm wat goed met kossproei gespuit is.
9 Bak vir 40 tot 45 minute of tot toetspen skoon uitkom.
10 Stroop Druk nartjies se sap uit om 250 ml (1 k) sap te kry.
11 Hou bietjie van nartjiesap (ongeveer 60 ml of 4 e) eenkant vir later.
12 Plaas oorblywende nartjiesap en strooisuiker saam in kastrol en verhit tot kookpunt.
13 Meng mielieblom en nartjiesap wat eenkant gehou is tot pasta. Roer by stroop en laat nog 2 minute kook tot dik.
14 Roer nartjiesegmente by stroop en kook nog 1 minuut. Verwyder van hitte.
15 Skep stroop net voor bediening oor koek en sprinkel pistasieneute oor.
WENK Gebruik Clemengold-nartjies – hulle is heerlik soet