Wednesday, 19 August 2015

GOULASH



GOULASH
Bedien 4
BENODIG:
900g Goulash blokkies
700g Uie (geskil en fyn gekap) ...
2 Eetlepels olie
2 Eetlepels Paprika
1 Eetlepel Asyn
3 Koppies Bees aftreksel
2 Knoffelhuisies gebreek

1 Knippie Marjoram
1/2 Teelepel Fyn Caraway
1 Teelepel Tamatiepasta
sout en peper na smaak
MAAK SO:
Braai uie in groot pot tot goud bruin. Sprinkel paprika poeier oor, voeg asyn en n paar eetlepels bees aftreksel by . Voeg Goulash blokkies by die speserye mengsel en braai vleis tot geseel. Verminder hitte en laat prut vir ongeveer 1 1/2 uur. Voeg gereeld aftreksel, tamatiepasta en knoffel by. Prut vir 10 min. sout en peper na smaak. Heerlik met vars wit rolletjies.
Heerlik die volgende dag.