Wednesday, 19 August 2015
Gebakte Jogurt en KondensmelkPoeding
Gebakte Jogurt en KondensmelkPoeding
Ek maak ’n groot hoeveelheid, want jy kan nie genoeg van dié een kry nie.
(8-10 porsies)
300 g strooisuiker
3 blikke kondensmelk...
9 eiers
500 ml Bulgaarse jogurt
Verhit jou oond tot 180 °C. Smelt strooisuiker in pan tot ligte karamel. Gooi in
’n groot ringpan. Klits die res van die bestanddele saam in ’n elektriese menger
en gooi bo-oor die karamel. Plaas pan in ’n groot oondbak wat halfpad vol kookwater
is.
Bak vir 40 minute tot gestol. Haal uit die waterbak en laat staan vir sowat 10 minute
voor jy dit uitkeer. Van die karamel sal hard wees en onderin die pan vassit. Wikkel
die pan versigtig tot die harde karamel loskom, en plaas dit ook bo-op die poeding.