Friday 28 August 2015

Die moets en moenies van tertdeeg





Die moets en moenies van tertdeeg

Die meeste mense vind dit moeilik om tertdeeg aan te maak, maar dit is net omdat hulle nie genoeg oefening kry nie.

As jy ’n beginner is, is dit beter om met klein hoeveelhede deeg op ’n slag te werk. Hier is ’n paar wenke vir beginners:
...
• 120 g deeg is ’n maklik bewerkbare hoeveelheid vir ’n beginner.
• Rol deeg altyd vorentoe en agtertoe uit, nooit dwars nie.
• Rol met kort vinnige hale. Lang hale druk die botter uit die deeg. ONTHOU om jou rolstok op te lig na elke haal.
• Sorg dat die hoeke van ’n stuk deeg altyd vierkantig bly, anders het die deeg op party plekke meer lae as op ander. Dit veroorsaak dan dat jou tertjies skeef is.
• As deeg toegevou word, word die oop kant altyd na die linkerkant gedraai.
• As deeg begin warm raak plaas dit iewers waar dit kan afkoel, selfs in die yskas as dit moet. Verkieslik moet deeg na elke uitrol ’n rukkie in die yskas gehou word.
• As jy deeg vir ’n paar dae in die yskas gaan hou, draai dit eers toe in botterpapier en plaas dit dan in ’n vuurvaste bak met ’n deksel. Dit sal keer dat die deeg ’n harde, droë kors ontwikkel.
• As jy brandewyn in tertdeeg gebruik, gebruik eerder geen as te veel.
• Die verhouding tussen brandewyn, asyn of suurlemoensap en water in tertdeeg is 15 mℓ tot 250 mℓ water.