Thursday 13 August 2015

biltong kaas sop



biltong kaas sop

Hierdie sop het ’n sterk smaak van die biltong en romerigheid van die kaas en melk.
Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 15 min.
50 g botter
1 ui, fyn gekap
5 ml (1 t) komyn
100 g biltongpoeier
125 ml (½ k) meel
1 L (4 k) beesvleisaftreksel
500 ml (2 k) melk
5 ml (1 t) neutmuskaat
50 g bloukaas, gekrummel
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
biltongskywe vir voorsit
  1. Smelt die botter in ’n groot pot tot skuimerig en voeg die ui by. Braai tot sag en voeg die komyn en biltongpoeier by.
  2. Voeg die meel by die uiemengsel en verlaag die hitte. Voeg die aftreksel stadig by terwyl jy aanhoudend roer en voeg nog water by namate die mengsel verdik. Voeg die melk bietjie-bietjie by tot dit net ingemeng en romerig is.
  3. Voeg die neutmuskaat by die sop. Verwyder van die hitte.
  4. Voeg die meeste van die gekrummelde bloukaas by, maar los ’n bietjie oor vir voorsit. Purée die sop tot glad en geur na smaak.
  5. Sit voor saam met skywe biltong en gekrummelde bloukaas