Friday 28 August 2015

BANOFFEE TERT




BANOFFEE TERT
1 pak tennisbeskuitjies - fyngedruk
125 ml gesmelte margarien
1 blik karamel kondensmelk...
375 ml dik vla
4 piesangs

250 ml room - styfgeklop
METODE:
1. Meng beskuitjie krummels en margarien goed saam en druk stewig vas op die boom van 'n glasbak.
2. Plaas in yskas vir so 15 tot 20 minute.
3. Haal kors uit yskas en smeer dit met karamel kondensmelk.
4. Sny piesangs in ringe en pak bo oor karamel kondensmelk.
5. Smeer dik vla oor gepakte piesangs.
6. Smeer styf geklopte room oor vla en sprinkel kakao poeier oor.
7. Versier met kersies en amandel vlokkies.
8. Verkoel tot net voor opdiening. My weergawe is net 'n klein bietjie anders.
9. Nadat ek die crust gemaak het, smeer ek die karamel kondensmelk, dan sny ek die piesangs en pak dit oor die gesmeerde karamel.....as daar nog karamel oor is smeer ek dit oor die laag piesangs.
10. Daarna gooi ek 'n laag afgekoelde dik vla en dan bo-op vla styfgeklitste room.
11. Sprinkel met flake, of koekie krummels of van die gerasperde karamellekkers.
Heerlik verby!
VARIASIE:
Jy gebruik digestive biscuits gekrummel met gesmelte botter of jy koop n flan.
Smeer n blikkie karamel oor die kors.
Mash so 6 piesangs en smeer bo oor die karamel.
Klits room tot styf en breek so paar meringues op in die room en sit bo oor en siedaar!