Tuesday 21 July 2015

VOLSTRUISPOTJIE




VOLSTRUISPOTJIE

30ml kookolie
1.5kg volstruisnekskywe
 2 groot knoffelhuisies, gekneus
 5ml droë roosmaryn
250g swartsampioene, in skyfies gesny
 30ml ingemaakte groenpeperkorrels, gekneus
 75ml brandewyn
50ml droë sjerrie
375ml droë rooi wyn
30ml suurlemoensap
15 vars piekeluitjies, geskil
10 klein, heel wortels
8 skoongeskropte jong aartappels in die skil
15ml koekmeelblom
1x300g-pak verroomde spinasie ontdooi bietjie melk knippie neutmuskaat sout na smaak

 Verhit die olie in die pot en braai die vleis in sarsies tot bruin. Skep uit en hou eenkant. Braai die knoffel, roosmaryn, sampioene en peperkorrels in dieselfde pot. Skep die vleis terug in die pot. Verhit die brandewyn, sjerrie, rooi wyn en suurlemoensap en voeg by die vleis. Sit die deksel op, verminder die hitte deur van die kole onder die pot te verwyder en prut 2 ½ uur of totdat die vleis byna sag is. Pak die groente, behalwe die spinasie, in lae bo-op die vleis, sit die deksel op en prut nog 45-50 minute. Meng die ontdooide spinasiemengsel met ´n pasta van koekmeelblom en melk en skep versigtig oor die kos in die pot. Geur met neutmuskaat en sout, sit die deksel op en prut nog 15 minute