Friday, 17 July 2015
roly poly poeding
roly poly poeding
Rencia Odendaal Pretorius (ouma se resep)
2 Kop meel
2tl bakpoeier
2 desertlepels botter
2 eiers
Meng bogenoemde
Rol deeg uit. Smeer appelkoos konfyt lekker dik op en strooi dan klapper bo-oor
Rol deeg op en sit in casserol bak
Sous:
1kop suiker
2 en half tot 3 kop water
1 tl vanilje
1tl maizina –
Meng en gooi bo-oor deeg
Ek gooi as ek nie lemoenskyfies het, halwe koppie lemoensap in en maak water minder met halwe koppie
Sny paar lemoenskyfies en gooi saam in by die poeding. Gee ‘n lekker lemoensmaak
Sit deksel op en kook stadig vir 15 min op stoof
Sit in oond (sonder deksel) en bak vir 45 min op 180 grade tot bruin en harderige kors.
Bedien met vla
Wenk: die rol kan in skywe ook besny word en in die bank gepak word met die sous bo-oor.