Tuesday 21 July 2015

MALVA-LEKKERS MET TUTUS




MALVA-LEKKERS MET TUTUS



 

20 malvalekkers
20 stokkielekker-stokkies
90 g witsjokolade
pienk en wit koekkristalle of koekpêrels
pienk en wit mini-kolwyntjiepapiertjies 1 Steek die malvalekkers op die stokkielekker-stokkies.
Smelt die sjokolade en laat dit dan effens afkoel om dikker te raak.
Doop die boonste helfte van elke malvalekker in die sjokolade en laat die orige sjokolade afdrup.
Strooi koekstrooisels oor die sjokolade en laat stol in die yskas.
Vir die tutu’s, druk die kolwyntjiepapiertjies effens
plat. Maak ’n klein snytjie in die middel van elkeen en druk dit op die
stokkies. Lig die papiertjies op of druk dit effens plat sodat dit soos tutu’s
lyk. Gebruik ’n klein verfkwassie en tik ’n bietjie sjokolade aan die onderkant
van die papiertjies aan sodat dit nie afgly nie. Druk die stokkies in
bloemisteskuim wat oorgetrek is met mooi papier.