Friday 3 July 2015

Lemoenstroopkoek




Lemoenstroopkoek
Bestanddele
 3 eiers
 250ml suiker
 375ml koekmeelblom
 8ml bakpoeier
 1ml sout
 200ml melk
 37,5ml kookolie
Stroop
 375ml suiker
 250ml water
 250ml vars lemoensap
 37,5ml gerasperde lemoenskil
Metode
 Voorverhit die oond tot 180°C. Klits die eiers en suiker goed saam. Sif die meelblom, bakpoeier en sout saam en voeg by. Verhit die melk en olie tot redelik warm en voeg by die eiermengsel. Meng alles goed en skep uit in ‘n gesmeerde bakskottel. Bak 20 – 25 minute. Kook al die stroop bestanddele saam en giet die kokende stroop oor die koek sodra dit uit die oond kom.