Monday, 20 July 2015
Hawermout-muffins
Hawermout-muffins
Resep Bestanddele
1 koppie koekmeel
1¼ t bakpoeier
½ t koeksoda
½ t sout
½ t gemaalde kaneel
1 koppie hawermout wat vinnig gaarkook, ongekook
⅓ koppie vetvrye melk
⅔ koppie appelsous
¼ koppie melasse
¼ koppie gouestroop
2 e kanola-olie
1 groot eier
3 wortels, gerasper (sowat 1½ koppies)
½ koppie gekapte pruimedante
Aanwysings
1.Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer 12 standaard-grootte muffinholtes of voer dit met papierdoppies uit.
2.Meng die meel, bakpoeier, koeksoda, sout en kaneel saam in ’n groot bak. Roer die hawermout by. Meng die melk, appelsous, melasse, gouestroop, olie en eier goed met ’n vurk in ’n medium bak. Roer die wortels en pruimedante by. Voeg die appelsousmengsel by die meelmengsel. Roer tot die meel net klam is. (Die beslag sal klonterig wees.)
3.Skep die beslag in die voorbereide muffinholtes. (Dit sal volgeskep wees.) Bak vir 23 tot 25 minute of tot ’n peuselstokkie wat in die middel van die muffin ingedruk word, skoon uitkom. Verwyder die muffins onmiddellik uit die pan. Bedien die muffins warm, of laat dit op ’n draadrak afkoel om later te bedien, Verhit dit dan weer indien jy so verkies.