Tuesday 21 July 2015

ERTJIE & SPEK SOP




ERTJIE & SPEK SOPDie Britte maak ham-en-ertjiesop. Probeer dié vinnige weergawe wat ewe lekker smaak met spek.
genoeg vir 6 – 8
BESTANDELE:
30 ml olyfolie
1 ui, grofgekap
1 knoffelhuisie, fyngekap
500 g bevrore ertjies
1 x 250 g-pak gerookte spek, grofgekap
1 liter (1 000 ml) hoenderaftreksel
sout en varsgemaalde swartpeper

250 g streepspek
METODE:
Verhit olyfolie in ’n groot pot. Voeg uie en knoffel by. Braai liggies vir 5 minute of tot uie begin verkleur. Voeg ertjies by en braai vir nog 5 minute. Voeg spek en aftreksel by.
Geur goed. Verlaag die hitte en laat prut vir 45 minute. Voeg nog aftreksel gedurende die kookproses by as dit te dik is. Verwerk sop in voedselverwerker tot ’n gladde puree. 
Voeg nog aftreksel by indien nodig. Verhit ’n kleefvrye braaipan en droogbraai die streepspek tot goudbruin en bros. Sit sop voor met spekrepies bo-op.
WENK:
Jy kan die spek vervang met gerookte eisbein. Kook die sop dan net langer tot die vleis van die been kom. Verwyder been voor jy die sop in die voedselverwerker sit.