Tuesday 14 July 2015

Dís hoe jy ’n koek versier




Dís hoe jy ’n koek versier
Met ons beproefde stappe kan jy ’n koek so professioneel soos Cake Boss op TV versier. (Moenie nommer 5 vergeet nie!)
Stap1:...
Sny die bokante van die twee koeke met ’n riffelmes gelyk sodat dit makliker opmekaar kan stapel. (Eet sommer die oorskietkoek.) Vee los krummels met ’n deegkwassie af.

Stap2:
Skep ’n bietjie versiersuiker in die middel van die koekbord om te keer dat die koek skuif terwyl jy dit versier. Plaas die eerste laag met die gesnyde kant na onder bo-op.
Stap3:
Gebruik ’n breë mes of ’n versierspatel (wat dit makliker sal maak) om 1 tot 1½ koppies versiersuiker oor die koek te smeer. Begin in die middel en werk na die rand toe.
Stap4:
Plaas die boonste lag bo-op met die gesnyde kant na onder. Smeer ’n lagie versiersuiker (¾ koppie) oor die hele koek om los krummels te verseël – dit word die “krummellaag” genoem.
Stap5:
Onthou dié stap! Sit die koek vir 30 minute in die yskas. Namate die versiersuiker afkoel, sal dit al die krummels verseël sodat jy die volgende laag maklik kan aanwend. Die ekstra stap is beslis die moeite werd.
Stap6:
Smeer versigtig ’n dikker laag versiersuiker egalig oor die koek – eers bo-op en dan die kante. Versier, staan terug en bewonder jou handewerk.