Friday 12 June 2015

GLUTENVRYE BROSBROOD




GLUTENVRYE BROSBROOD
Maak: omtrent 30 vingers
Bereidingstyd: 10 min
Baktyd: 11⁄4 uur
Oondtemperatuur: 160°C
540 ml (500 g) sagte botter
500 ml (260 g) versiersuiker, plus ekstra vir versiering
500 ml (270 g) glutenvrye meel
100 ml (30 g) mielieblom
strooisuiker om oor te sprinkel
METODE:Klop die botter en versiersuiker saam tot glad. Sif die droë bestanddele saam en voeg dit by die bottermengsel. Roer dit goed deur.
Knie die mengsel liggies totdat dit ’n sagte deeg vorm. Draai die deeg in kleefplastiek toe en sit dit vir 15 minute in die yskas.
Haal die deeg uit die yskas en knie dit liggies om dit sag te kry. Druk die deeg in ’n oondpan van 20 x 30 cm en prik dit oraloor met ’n vurk. Bak dit vir 30 minute. Verlaag die hitte tot 140 °C en bak dit vir nog 45 minute of tot die brosbrood ’n mooi ligte goudbruin kleur het.
Haal die brosbrood uit die oond en laat dit vir twee minute afkoel. Sny dit dan in vingers en sprinkel strooisuiker oor. Laat dit effens afkoel voor jy dit uit die oondpan haal en op ’n draadrakkie laat afkoel. Sif ’n bietjie versiersuiker bo-oor.