Monday 15 June 2015

Bone-en-groente-pot



Bone-en-groente-pot

Genoeg vir 6
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 30 min.
15 ml (1 e) olie
2 uie, gekap
4 knoffelhuisies, fyngedruk
1 rooi brandrissie, fyn gekap
2 steranyse
1 kaneelstok
500 ml (2 k) groenteaftreksel
150 g droë appelkose, grof gekap
5 takkies tiemie
3 groot aartappels, in stukke gesny
1 patat, in stukke gesny
450 g botterskorsie, in stukke gesny
7,5 ml (1½ t) harissa-pasta
400 g cannellini-bone
’n hand vol pietersielie, fyn gekap
  1. Verhit die olie in ’n groot pot oor matige hitte, voeg die uie by en braai 5 min. of tot sag. Voeg die knoffel, brandrissie, steranys en kaneel by en braai nog ’n minuut.
  2. Gooi die aftreksel, droë appelkose en tiemie in. Bring tot kookpunt en verminder dan tot prutpunt, bedek en laat 5 min. prut voor jy die groente byvoeg.
  3. Bring weer tot kookpunt en laat kook nog 20 min. of tot die groente sag is. Roer die harissa, bone en pietersielie in. Geur na smaak en sit voor.