Tuesday 9 June 2015

BOBOTIE PASTEI




BOBOTIE PASTEI
Vulsel...
30 ml olie
2 uie, gekap
2 knoffelhuisies, gekap
3 cm vars gemmer, gerasper
15 ml sterk kerriepoeier
10 ml borrie
30 ml appelkooskonfyt

Sout na smaak
15 ml vrugteblatjang
1 kg maalvleis
2 snye bruinbrood, grof gebreek
250 ml volroommelk
1 x 400 g (1 rol) skilferkors (puff pastry)
1 eier, geklits
Verhit die olie in ’n kastrol en braai die uie daarin tot sag. Voeg die knoffel, gemmer, kerriepoeier en borrie by en braai tot geurig. Voeg die appelkooskonfyt, sout en blatjang by en braai vir ’n paar sekondes.
Voeg die vleis by en braai tot bruin. Week die brood in die melk tot sag en druk fyn met ’n vurk. Voeg by die vleismengsel en meng goed deur. Laat prut vir twee minute en skep die vulsel in ’n pasteibak. Laat afkoel.
Voorverhit die oond tot 200 °C. Rol die deeg effens dunner uit op ’n meelbestrooide oppervlak en sny ’n stuk deeg uit wat die bokant van die pasteibak goed sal bedek. (Hou afvalstukkies deeg vir versiering.)
Sit die deeg bo-oor die vulsel en druk die kante goed vas met ’n vurk of jou vingers. Verf die oppervlak met geklitste eier en versier bo-op met afvalstukkies deeg, indien verkies. Verf dit ook met eier.
Bak vir 30 minute tot goudbruin en deurwarm. Sit voor met groente of slaai.
Lewer agt porsies.