Thursday, 16 April 2015

Valerie se dubbellaag-rooifluweelkoek



Valerie se dubbellaag-rooifluweelkoek

 Bestanddele
Rooifluweelkoek
700 g koekmeelblom
200 g kakao
835 ml olie
750 g strooisuiker
5 eiers
12.5 ml vanieljegeursel
520 ml karringmelk
Rooi voedselkleursel
12.5 ml sout
17.5 ml koeksoda
25 ml asyn
Vanielje-koekies
200 g botter
200 g strooisuiker
5 ml vanielje geursel
1 eier
400 g koekmeelblom gesif
Versiering
360 g roomkaasversiersel
180 g botter
15 ml vanieljegeursel
1450 g versiersuiker, gesif
Verskeidenheid voedselkleursel
2.5 kg fondant
Eetbare gom
Roomkaasversiersel
125g botter
2k (260g) versiersuiker
1 houer roomkaas, kamertemperatuur
1t (5ml) vanielje
 

Instruksies


Rooi fluweelkoek
  1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer en voer 3 ronde koekpanne (23 cm in deursnee) uit, sowel as 3 koekpanne van 18 cm in deursnee.
  2. Klits die olie en suiker saam met die k-klitser van die elektriese menger. Voeg die eiers een vir een by en skraap die kante van die bak na elke byvoeging. Voeg die rooi voedselkleursel by.
  3. Sif die koekmeelblom en kakao saam.
  4. Voeg die karringmelk en meelmengsel om die beurt by die mengsel terwyl die menger stadig klits.
  5. Meng die koeksoda en die wit asyn en voeg by die beslag. Klits vir 10 sekondes.
  6. Skep die beslag in gelyke hoeveelhede in die panne en bak vir sowat 30 minute of tot gaar.
Vanielje-koekies
  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Klits die botter en strooisuiker in die mengbak van die elektriese menger met die k-klitser.
  3. Voeg die eier en vanieljegeursel by.
  4. Voeg die gesifte koekmeelblom by en klits stadig tot ’n stywe, krummelrige deeg. Moenie die deeg te vinnig of te lank klits nie, want dan kan die deeg moontlik sprei wanneer dit gebak word.
  5. Verkoel die deeg in die yskas vir 30 minute voordat dit uitgerol word.
  6. Rol die deeg uit op ’n meelbestrooide oppervlak en sny koekie-vormpies uit. Indien verkies, kan ’n afgesnyde sosatiestokkie in van die koekies gedruk word (waarmee dit gebak word sodat die koekies bo-op in die koek gedruk kan word).
  7. Plaas die uitgesnyde koekies weer in die yskas vir 10 minute voordat dit gebak word – dan sal die koekies mooi skerp vorms behou wanneer dit gebak word.
  8. Bak vir sowat 10 minute of tot goudbruin.
  9. Laat die koekies vir 5 minute in die pan afkoel – skep dit versigtig uit op ’n draadrakkie en laat verder afkoel.
  10. Versier die koekies met dun uitgerolde fondant, koninklike versiersel, ensovoorts (soos verlang).
Roomkaasversiersel
  1. Klop botter en versiersuiker saam.
  2. Voeg vanielje by.
  3. Klits roomkaas geleidelik by, klop goed.
  4. Giet oor koek en versier.