Tuesday, 14 April 2015

SPEK & MOSSEL-SOSATIE



SPEK & MOSSEL-SOSATIE

SOSATIES:
30 vars swartmossels...
’n halwe bottel witwyn
15 repies strepiespek
5 sprietuie (gebruik slegs die groen deel)

SOUS:
1 teelepel kookolie
’n hand vol grasuie, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
125 g gesoute botter
’n halwe koppie room
sout en peper
Verhit die olie in ’n pan en braai die helfte van die grasuie vir ’n paar sekondes saam met die knoffel. Gooi die botter by en laat dit smelt.
Haal die pot van die hitte af en gooi room en die res van die grasuie by. Geur dit na smaak met sout en peper.
Laat lê 5 sosatiestokkies vir minstens 10 minute in water sodat dit nie brand nie.
Stoom intussen die mossels oor matige kole in witwyn totdat elkeen oopmaak (gooi dié weg wat nie oopmaak nie). Haal die mossels uit die dop en spoel hulle onder lopende water af.
Draai elke mossel met ’n repie spek toe en ryg dan 6 mossels op elke sosatiestokkie.
Sny die groen deel van ’n sprietui in stukkies van ongeveer 3 cm en sit ’n stukkie tussen elke mossel op die stokkie.
Braai die sosaties oor matige kole totdat die spek bros en bruin is – ongeveer 10 minute. Bedruip die sosaties met die sous.

(Weg)