Tuesday, 7 April 2015

Sout "Roly Poly"




Pappegaaipaai (Sout "Roly Poly")

 

 
 
Bestanddele
500g brooddeeg ( koop klaargemaakte deeg by die winkel)
1 ui
1 pakkie spek, gesnipper
1 pakkie sampioene, gekap
1 pakkie spinasie, gekap
1 rooi soetrissie, gekap
2 knoffeltoontjies
brandrissie (opsioneel)
2 koppies kaas, gerasper
1 koppie room

Metode
Knie die deeg af.
Braai die res tot bruin, behalwe room en kaas.
Knie die deeg weer af.
Rol dit uit.
Pak braai mengsel op deeg.
Strooi kaas oor.
Rol dit op soos 'n roly poly.
Sny in wiele, laat die wiele "rys."
Gooi room oor.
Bak oop in oond teen 180º vir 45 minute.