Thursday, 16 April 2015

Murray se murgpampoentjiekoek met stokkielekkers



Murray se murgpampoentjiekoek met stokkielekkers

Bestanddele

Koek
250 ml olie
500 ml bruinsuiker
3 eiers
15 ml vanielje-ekstrak
15 ml kaneel
500 ml koekmeelblom
5 mlgemaalde kardamom
5 ml sout
1.5 ml bakpoeier
5 ml koeksoda
250 ml rosyne
250 ml neute
500 ml gerasperde murgpampoentjies (met skil)
Versiersel
250 gram roomkaas
150 ml versiersuiker
5 milliliter vanielje-ekstrak
100-150 ml room
Suikerbord- en stokkielekkers
ʼn koekpan met ʼn deursnee van sowat 40 cm – verskillende vorms kan gebruik word
Metaal koekiedrukkers – verskillende vorms kan gebruik word
Bakplaat
Kookolie
2 kg Isomalt (verkrygbaar by meeste bakwinkels)
Poeier koskleursel van jou keuse
Sosatie- of stokkielekker stokkies

Instruksies


Koek
  • Klits die eiers, olie en suiker met ’n elektriese menger tot lig en romerig. Voeg vanielje-ekstrak by en meng goed.
  • Sif die droë bestanddele saam. Vou die droë bestanddele lepel vir lepel by die eier-mengsel in.
  • Voeg rosyne, neute en murgpampoentjies by en meng goed.
  • Gooi koekmengsel in ’n 25 cm tuitpan met los bodem en bak vir 1 uur by 160 ˚C.
  • Laat die koek afkoel in die pan voor versier.
Versiersel
  • Meng die roomkaas, versiersuiker en vanielje-ekstrak met behulp van ’n elektriese menger.
  • Klits die room styf en vou dit sagkens by die roomkaas mengsel in.
  • Versier die koek aan die bo- en sykante.
  • Sprinkel oorblywende neute oor die koek as dekorasie.
Suikerbord- en stokkielekkers
Metode vir suikerbord
  • Smeer die koekpan baie goed met die kookolie
  • Smelt 1.5 kg isomalt oor ʼn lae hitte totdat al die kristalle gesmelt het en die stroop helder is.
  • Voeg die kleursel van jou keuse by en roer die stroop mengsel totdat dit ʼn uniforme kleur het.
  • Giet die warm stroop in die voorbereide pan en plaas dit op ʼn gelyke oppervlakte om af te koel.
  • Wanneer die bord heeltemal afgekoel het, keer die bord uit.
 Metode vir stokkielekkers
  • Smeer die koekiedrukkers en bakplaat baie goed met die kookolie.
  • Plaas die koekiedrukkers op die bakplaat
  • Smelt 500 isomalt oor ʼn lae hitte totdat al die kristalle gesmelt het en die stroop helder is.
  • Voeg die kleursel van jou keuse by en roer die stroop mengsel totdat dit ʼn uniforme kleur het. Die stroop kan ook verdeel word en dan verskillende kleursel bygevoeg word om variërende stokkielekkers te kry
  • Giet die warm stroop in die voorbereide koekiedrukkers en plaas dit op ʼn gelyke oppervlakte om af te koel.
  • Druk die stokkies in die lekkers wanneer die lekkers afgekoel het maar nog taai is