Tuesday, 28 April 2015

Eisbein Boontjiesop



Eisbein Boontjiesop

1 gerookte vark skenkel (eisbein)
1 pakkie gedroogte gespikkelde bone
1 aartappel grof gerasper
1 ui fyn gekap
2 lekker ryp tamaties – opgekap
3 el blatjang
1 pakkies bruin of wit uie sop-aangemaak met bietjie koue water
sout en peper na smaak
Sit jou bone vroegoggend of oornag in water geweek
Spoel goed deur met koue , gooi 1 liter water by en bring tot kookpunt
Sit nou die hele gerookte eisbein by en kook alles saam tot boontjies sag
is en vleis van been begin afval, gooi gereeld kookwater by, roer liggies
Verwyder nou die bene, druk bone fyn, sny die vleis en spek in stukke op
Gooi nou by aartappel, en ui en tamatie, kook stadig tot aartappel sag is.
Voeg aangemaakte sop en blatjang by, meng mooi deur
Sout en peper na smaak
Laat alles stadig saam prut vir 10 min