Tuesday 3 March 2015

Spekvleisspirale




Spekvleisspirale
’n Heerlike eetding vir pouse by die skool of middagete by die werk. As jy wil tyd bespaar, gebruik gekoopte broskorsdeeg.
Lewer 14
Bereiding: 20 min.
Verkoel: 30 min....
Bak: 15 min.
Deeg
375 ml (1½ k) meel
10 ml (2 t) bakpoeier
2,5 ml (½ t) sout

75 g botter, in blokkies gesny
200 ml (¾ k) melk
Vulsel
250 g spekvleisrepe
1 ui, fyn gekap
1 knoffelhuisie, fyngedruk
125 ml (½ k) mozzarellakaas, gerasper
125 ml (½ k) cheddarkaas, gerasper
’n hand vol vars pietersielie, gekap
Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit.
1. Deeg: Meng die meel, bakpoeier en sout saam in ’n bak. Krummel die botter met jou vingers by die bak in. Meng die melk in tot net gemeng.
2. Plaas die deeg op ’n oppervlak wat met meel bestrooi is en rol in ’n reghoek terwyl jy die kante afsny.
3. Vulsel: Bedek die deeg met ’n laag spekvleis maar laat ’n rand van 2 cm oop aan een van die lang kante van die deeg.
4. Meng die ui, knoffel, kase en pietersielie saam en smeer oor die spekvleis. Verf die opening aan die kant van die deeg met water en rol dan in ’n spiraal en verseël die rand. Vou die rol in kleefplastiek toe en verkoel 30 minute.
5. Sny die rol in skywe met ’n dikte van sowat 1½ en pak dit met die spiraalkant na bo op die voorbereide pan. Bak 15 minute of tot goudkleurig