Friday, 27 March 2015
Paptertjies
Paptertjies
Genoeg vir: 12 happiegroot tertjiesBereidingstyd: 20 minute
• 250 ml mieliemeel, gaargemaak om stywe pap te vorm
• 125 ml chakalaka
• fyngerasperde kaas
Spuit ’n muffinpan met klein holtes goed met kleefwerende sproei. Skep ’n teelepel
gaar pap in elke holte en druk dit vas om ’n dik doppie te vorm. Skep ’n bietjie chakalaka in elkeen en strooi kaas bo-op. Bak die tertjies in ’n warm oond tot die kaas gesmelt is. Die chakalaka kan ook met tuisgemaakte tamatiesmoor vervang word.