Friday, 6 March 2015
Klewerige hoenderboudjies
Klewerige hoenderboudjies
Lewer 4 – 6 porsies
6 hoenderboudjies of hoendervlerkies
Bedruipsous:
45 ml (3 e) braaibedruipsous
15 ml (1 e) kook- of olyfolie
15 ml (1 e) vars suurlemoensap
3 ml (½ t) gerasperde suurlemoenskil
45 ml (3 e) heuning
5 ml (1 t) fyngekapte gemmerwortel
2 knoffelhuisies, gekneus
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Metode
1. Gebruik ’n skerp mes om diep insnydings in die dik gedeelte van die hoenderboudjies te maak. So sal die sous meer smaak aan die vleisgedeelte van die hoender gee.
2. Plaas die hoender op ’n rak onder die oondrooster of oor matige kole by ’n braai.
3. Bedruipsous: Meng al die bestanddele saam en borsel die hoender met die sous van tyd tot tyd. Rooster die hoenderstukke vir 20 tot 30 minute of totdat dit gaar en goudbruin is.
4. Sit dadelik voor terwyl dit nog warm is.
Variasie
Die bedruipsous kan ook gebruik word om oor ’n heel hoender te borsel. Dit gee ’n besonderse kleur en geur aan die hoender.
Wenk
Die resep kan ook verdubbel word vir ’n groter hoeveelheid