Thursday 5 February 2015

Wortelkoek



Wortelkoek

Lewer 1 groot koek

340g Bruinsuiker
100g Klapper
4 Eiers
1 ¼ Koppie Olie
3 Koppies Koekmeel
2 Teelepels Vanielje
2 Teelepels Neutmuskaat
4 Teelepels Kaneel
2 Teelepels Koeksoda
Sap & Skil van 2 Lemoene & 2 Suurlemoene
100g Okkerneute, gerooster & grof gekap
200g Korente of Sultanas
400g Wortels, gerasper
Roomkaasversiersel:
250g Sagte Botter
250g Roomkaas, kamertemperatuur
280g Versiersuiker, gesif
5ml Vanieljegeursel

-Verhit die oond tot 140°C.
-Plaas al die bestanddele vir die koek in ‘n groot mengbak en roer tot goed gemeng.
-Skep die deeg in ‘n voorbereide koekpan en plaas in die oond. Bak vir 2 ure of totdat ‘n toetspen droog uitkom. Verwyder die koek uit die oond en laat vir 5 minute in die pan afkoel voordat dit verwyder word en op ‘n afkoelrak geplaas word om af te koel.
-Terwyl die koek afkoel begin solank die versiersuiker:
-Plaas die sagte Botter & Roomkaas in die mengbak van ‘n elektriese menger en meng tot glad en geen klonte sigbaar is nie.
-Verlaag die spoed van die menger en voeg die Versiersuiker by die Bottermengsel. verroom tot glad.
-Voeg die Vanieljegeursel by en meng vir ‘n paar sekondes.
-Sodra die koek kamertemperatuur bereik kan jy begin om die koek te versier.
-Laastens: gebruik vars vrugte as ‘n finale versiering.