Thursday 26 February 2015

MELKTERT PANNEKOEKE




MELKTERT PANNEKOEKE
Basiese pannekoekmengsel of bak jou eie wenresep wat vir jou werk
310 ml koekmeel...
3 ml bakpoeier
2 ml sout
60 ml suiker
2 eiers

300 ml melk
Kookolie
Kaneelsuiker
Metode:
Sif meel, bakpoeier en sout saam en voeg suiker by.
Voeg die melk bietjie-vir-bietjie by die droë beslag, terwyl dit gemeng word.
Voeg die eiers by.
Meng goed en maak seker dat daar geen klonte is nie.
Laat staan vir 30 minute.
Bak jou pannekoeke
Bestanddele vir die melktertvulsel:
1 blikkie kondensmelk
3 koppies melk
¼ koppie mielieblom (maizina)
2 eiers
Knypie sout
1 teelepel vanilla geursel
2 eetlepels botter
Kaneelsuiker
Metode:
Voeg die kondensmelk en twee van die drie koppies melk in ‘n kastrol
Meng die res van die melk met mielieblom en voeg by die melk in kastrol sodra melk begin warm word.
Hou aan roer.
Voeg sout, vanilla en botter by.
Roer goed en laat bietjie staan om verder te verdik.
Skep lepelsvol van die melktertvulsel in die pannekoek en rol op.
Strooi kaneelsuiker oor.
Bron:
Willie Strauss is die aanbieder van ASTV se gewilde kosprogram, Kos is oppie tafel. Besoek die program se Facebookblad vir nog ‘n paar lekker resepte.
Maroela Media