Thursday 26 February 2015

Melktert met n smeer degie




Melktert met n smeer degie

kors
125 g botter
1/2 koppie suiker
1 ekstra groot eier
1 hoogvol koppie bruismeel
Meng botter en suiker deeglik en voeg eier by en meng weereens deeglik. Voeg koppie bruismeel by en meng goed. Smeer dan liggies met die agterkant van jou lepel 3 gesmeerde foilborde en ook so teen die rante op.
Vulsel
1 liter melk
3 eiers – geskei
1/2 koppie suiker
200 ml mielieblom
125 ml botter
Meng eiergele suiker en mielieblom bietjie van die melk tot alles mooi gemeng en gesmelt is. Meng met die res van die melk en kook nou in die mikrogolf tot dit begin dik raak en meng elke nou en dan om klonte te voorkom. Klts die eierwitte styf en vou stadig by die mengsel. Ek het my mengsel so vir 10 minute laat staan om van die ergste hitte ontslae te raak.Roer ook jou botter deur en verdeel in jou bakke. Strooi bietjie kaneel oor en bak 25 – 30 minute in n 180 grade oond. Ek het ook vanilla bygevoeg by die mengsel.