Monday 23 February 2015

Maryna se fudge




Maryna Charol Gouws
 
Hier is my fudge wat ek gemaak het, die lus was net te groot! Helfte peppermint en helfte vanilla. Ek het so lank na die resep gesoek, die fudge wat jy met die koekmeel maak.

 Hier is die resep:
6X 250ml suiker
250 ml koekmeel ...
1 x 397g blik kondensmelk
250ml water
80 ml stroop
250g margarine
15ml asyn

2ml kremetart opgelos in 12,5ml water
5ml vanilla geursel of 3 druppels peppermint druppels, ek gebrui sommer hollandse medisyne
Meng die suiker en koekmeel baie goed in n swaarboom pot
Voeg die oorblywende bestanddele by, behalwe die kremetart mengsel en geursel
Verhit oor lae hitte tot suiker gesmelt is
Vee suiker gereeld met nat borseltjie van kante af
Verhoog die hitte sodra die mengsel begin kook
Voeg nou kremetart mengsel by en kook tot sagte bal stadium.
Haal af en klits tot die mengsel dik raak. Ek klits sommer met my koek mixer
Gooi in gesmeerde pan.
Geniet Ladies!