Monday 9 February 2015

Elke hond kry sy dag!




Elke hond kry sy dag!
Bestanddele
2½ koppie (375 ml) volkoringmeel
 2½ koppie (375 ml) broodmeel
 1 koppie (250 ml) koringkiem
 knippie sout
 3 eiers
 ½ koppie (125 ml)olie
 4 eetlepels (60 ml) grondboontjiebotter
 ½ koppie (125 ml) melkpoeier
 1 koppie (250 ml) water
 
 Metode
Voorverhit die oond tot 160°C.
 Spuit ‘n bakplaat met kleefwerende sproei.
 Meng al die droë bestanddele in ‘n mengbak.
 Klits die eiers, olie en grondboontjiebotter saam, en roer dit by die droë bestanddele.
 Los die melkpoeier in die water op, en roer dit by die mengsel om ‘n stywe deeg te vorm.
 Sprinkel meel op ‘n skoon oppervlak en rol die deeg ±1 cm uit.
 Gebruik ‘n koekiedrukker om die hondebeskuitjies uit te druk.
 Plaas op die bakplaat en laat in die yskas rus vir 10 minute.
 Bak vir 30 minute tot goudbruin en gaar.
 Skakel die oond af en laat die beskuitjies vir 1 uur uitdroog.

(RSG)